Ian Hall Music
Location
George
Eastern Cape
Music Style
Afrikaans (Pop, Rock, Sokkie), Folk / Country, Pop / Top 40 Hits (80's - current)
About Ian Hall Music
Ian Hall gebore in Johannesburg 14 Mei 1986. Verhuis na George in die Wes Kaap op ouderdom van 12. Ian se musikale streke het begin kop wys toe hy na 'n lang gespook van kitaar lesse, op die ouderdom van 16. Ian het die verhoog betree om in sy kerk se orkes Akoestiese kitaar te speel.Ian se optredes het begin toe hy daaglikse optredes in sy skool in pouse of klaskamers gehou het. Min weetend dat die sy loopbaan sou word. Op oudrdom van 18 het hy sy eerste liedtjie geskryf en gekomponeer. Kort voor lank na skool bevind Ian hom om in die groot venues, op die dorpie George, op te tree. Na sowat 2 jaar se swerf besluit Ian om voltyds in die musikale rigting te tree. Gereelde venues waar Ian gesig gewys het met optredes was, Hermans, Zanzibar, Khoi Village en Tidals.Kort voor lank het Ian die verhoog begin deel met die groot name, Jan Blohm, Etienne Steyn, Bok van Blerk, Jakkie Louw, Jac Blanc, Koos Kombuis as ook Anton Goosen. Ian het sy gesig goed gewys op die kknk 2007, met 16 optredes. Vroeg Januarie 2007 besluit hy om die skuif te maak na Pta, opsoek na die cd opname wat hy na smag, na hy gesien het die aanvraag was daar na 'n besige desember in Mosselbaai. Daar vind hy sy band en vestig hom gou as een van die musikante van pretoria. Sy band bestaan uit 'n Viool speler, elektriese kitaar en 'n bongo speler. Ian het in Mei 2007 begin opneem aan sy eerste cd in George by the Garage. ( Darrel de Lange Produce en vervaardig die cd.) Saam poog Darrel en Ian om 'n nuwe klank in die industrie te bring. Die cd se titel is In Geheim wat oorspronkilike titels is van Ian. Ian se klank word beskryf as 'n mengelmoes van Dave Matthews band, Matchbox 20 en The Calling gemeng. Sy optredes word beskou as energiek en passie vol.

