Bloedsweet
About Bloedsweet
Bloedsweet is 'n Afrikaans Jesus Rock band van Centurion.
Dit alles het begin by klomp pelle wat 'n groot droom en huge passie het vir musiek en so het ons besluit om ons droom in aksie te sit in April 2010. Dit gaan alles oor musiek niks minder nie en niks meer nie en ons geniet elke oomblik daarvan, veral om te weet dat ons musiek met die krag van Bo lewens gaan verander!
Die Band Members….
Dries
Hi, Dries hier, ek is die lead vocal en rhythm electric. Ek is 21 en nogsteeds kind. Ek is 'n fun en carefree persoon, die crazy een tussen die vriende. Dit het alles begin toe ek so 12 jaar oud was. 'n Droom in my hart het my begin stir en dit was om kitaar te kan speel, so het die droom net grooter en grooter geword en dit was om eendag in 'n band te wees. Nog jonk en onervare het ek en my vriend Clinton (die drummer) ons eerste band begin in Graad 7. Het so paar shows gedoen, maar het opgebreek toe ons hoërskool toe is. Ek het nogsteeds aanhou speel. 'n Show hier, 'n show daar en soos my ma sê ek is met 'n kitaar in my hand gebore, as ek 'n halwe kans gekry het om te speel het ek.
Dit was einde 2009 wat ek 'n random oproep gekry het vanaf Clinton wat gevra het of ek 'n band wil join en ek het. Om 'n lang storie kort te maak het ons die band gelos en ons eie ding begin, dit is hoe bloedsweet ontstaan het, iets nuuts en vars.
Ek is verslaaf aan goeie rock musiek. Toe ek die eerste keer aan Rock bekend gestel is het ek verlief geraak daarop. Daar is 'n uniekheid aan rock wat jy nie in enige musiek kry nie.
Ek weet die band en ons musiek gaan 'n verskil maak in soveel mense se lewens en ander bless net soos ek gebless word daar deur. My doelwit is om so veel as moontlik lewens aan te raak sodat hulle kan sien wie hulle werklik is in God se oë. GOD is GOOD! And remember don't take life to serious you will never get out a life -- write that down!!
Stephen
Hey, Stephen Buckle hier, ek is 25 en speel die bass. Eks 'n vriendelike ou wat strewe na sukses in alles wat ek aanpak. Ek was nog altyd geinteresseerd in'n bass kitaar, maar het nie regtig as kind die geleentheid gekry om te speel nie. In July 2010 het my pelle na my toe gekom en gevra of ek kans sien om die band te join en vir hulle bass te speel. Behalwe dat ek bietjie aan die diep kant in gegooi is en nog nie juis gespeel het voorheen nie, het ek ja gesê. En nou is ek deel van die awesomeste band wat die aarde gaan rock vir God. Ek weet daar is baie bands daar buite, maar glo vir my, nie een soos bloedsweet nie hahaha. Dit is ek!!!! Hou vas aan julle stoele, want hier kom iets… Hier kom iets groots! Can't wait!!! Enjoy.
Andrie
Hey! Ek is Andrie al vir die afgelope 21 jaar en speel elektriese kitaar. Ek het grootgeword in 'n baie musikale familie, my ma was 'n musiek onderwyser so ek kon al klavier speel voor ek skool toe gegaan het. Ek het begin kitaar speel in die hoërskool, maar het eers na skool ernstig begin speel.
My smaak van musiek is baie wyd, maar dit wat my trek is goeie kitaar riffs en komplekse beats. Ja, ek weet dit klink soos metal, en ja ek is meer van 'n metalhead. Ek love dit om myself te challenge, en metal is nou maar net meer challenging as die gewone goed wat op TuksFM speel.
Nou, hoe het ek in Bloedsweet beland? Wel, ek en klomp vriende was in Desember 2009 in George met vakansie. Ek en Dries het die een dag op die strand gelê en hubly rook en chat oor musiek, toe vertel Dries my van hierdie Christelike band waarin hy is, en dat ek moet kom join. Nou ja, toe join ek hom in Transformed, waar ek vir Clinton ontmoet het. Later het ons sidetracked geraak en ons eie band begin met die naam BLOEDSWEET.
Bloedsweet gaan vir my oor om nie bang te wees vir dit wat vir jou belangrik is nie. Jy moet kan staan op dit wat jy glo en dit uitleef met jou alles! Te veel mense staan en kyk hoe ander mense hul drome en ideale uitleef en wens dat hulle ook dit kon doen. Daar is moeilike tye in almal se lewens waar jy bloed sweet om jou kop bo water te hou, maar "moenie opgee nie, daar is altyd 'n kans, daar is altyd hoop!" Ons is 'n Christelike band, ons genre staan bekend as Jesus Rock, en ons is hier om 'n awesome boodskap van vryheid en hoop te bring.
Experience
Busy recording our first album!
Gigging Experience
Battle of Rock 2010 – 16 Oktober 2010
Battle of Rock 2010 – Finals – 30 Oktober 2010
10 November 2010 – Cool Runnings FourWays 21:00
27 November 2010 – Kersmark Centurion